Saturday, February 26, 2011

Gariep en Quenna

Dis defnitief 'n Afrikaanse storie. Ons het vanmiddag so 3 uur hier aangekom. Die rivier is vo; die water stort neer oor die damwal en die trane het amper gerol oor die kampplek, want die Quenna musiekfees iss aan die naweek by die Gariep en dis net Boeremusiek en etlike Afrikaanse kunstenaars, onbekant aan my , maa rvir seker baie bekend aan die meeste van die plaaslike mense, want die kamp is vol FS en ander omliggende registrasie nommers. Nogal vreemd om die Engelse hier te he.
Die kinders jol, die manne sing en langs ons is mense met 'n kaal bolyf en 'n voel (birdie) op sy skouer en sy vrou me 'n klein apie in 'n mandjie. Freaky!!

Die "band" interact met die mense en almal geniet die naweek. Solank daar Klippies en Coke is en 'n paar los biere is almal gelukkig.

No comments:

Post a Comment